top of page
School Facility - 8.jpeg

ONS SKOOL

School-related-bg-kontak.png

Ontmoet Ons Span - Ons passievolle en toegewyde personeel vorm die hartklop van Laerskool Lichtenburg se tradisie van uitnemendheid en voortdurende sukses.

Geskiedenis

Geskiedenis van Laerskool Lichtenburg

Laerskool Lichtenburg kan met trots die "moeder van die skole" in Lichtenburg genoem word, aangesien ander skole, soos die Hoërskool, Burgersdorp, en die Engelsmediumskool, uit ons afgestig het. 

 

Die geskiedenis van ons skool begin na raming in Januarie 1893 met slegs 40 leerlinge, waarvan die ouderdomme gewissel het van 7 tot 18 jaar. Aanvanklik het die skool in die eerste NG Kerkgebou gefunksioneer. Namate die kerk te klein geword het, is die skool na 'n nuwe gebou verskuif, waar die huidige skoolkantore nou is.

 

Met die besetting van Lichtenburg deur die Britse magte is die skoolgebou as 'n hospitaal gebruik, wat veroorsaak het dat onderwys tydelik tot stilstand gekom het.

 

Die oorspronklike gebou is in 1964 gesloop.In 1914 is die bekende "Blou Klipskool" geopen, waarvan 'n gedeelte, die onthaallokaal, steeds op ons terrein bestaan. Ons huidige indrukwekkende skoolgebou is in 1971 in gebruik geneem en vorm 'n bron van trots vir almal verbonde aan Laerskool Lichtenburg.

472853943_1141138064672149_6110913684614746043_n.jpg
472503495_1141138088005480_722488054260143812_n.jpg

Laerskool Lichtenburg is 'n gebalanseerde opvoedkundige instelling waar:

  • Onderrig plaasvind vanuit 'n Christelike perspektief;

  • Hoë akademiese standaarde gehandhaaf word deur uitstekende bestuur en toegewyde, kundige personeel;

  • 'n Stimulerende en harmonieuse omgewing geskep word waarin leerders hul volle potensiaal kan bereik; en

  • Ouers aktief betrokke is as deel van die opvoedingsplan

MISSIE

idea.png

VISIE

Laerskool Lichtenburg is 'n dinamiese en Christelike skool, wat in vennootskap met elke ouer uitnemend wil presteer deur elkde leerder optimaal te ontwikkel om die uitdagings van die tyd die hoof te bied.

binoculars.png

Ons glo dat elke leerder aan ons toevertrou 'n unieke, God-gegewe individu is. Ons roeping is om hulle te lei om eendag die Hemelse Koninkryk te kan beërwe en hul volwaardige plek vol te staan in die samelewing.

CREDO

nurturing.png
bottom of page